Die term digitale televisie verwys na televisiekanale wat as digitale datastrome uitgesaai word. Gewoonlike (analoë) beeld- en klankseine word deur middel van sogenaamde analoog-na-digitaal-omsetters in digitale datastrome of binêre kodes omgeskakel.
Beeld- en klankseine word al sedert enkele jare in digitale vorm geproduseer en verwerk, en in talle lande word televisie- en radiokanale reeds as digitale programme uitgesaai. Die belangrikste digitale standaarde is
Verbruikers benodig 'n dekodeerder wat digitale datstrome weer na analoë video- en klankseine kan omskakel en tans in moderne televisiestoetelle, DVD-opnemers en ander oudio- en videotoestelle ingebou word. Ouer televisietoestelle kan digitale televisieprogramme deur middel van 'n eksterne dekodeerderboks ontvang. Behalwe vir digitale kabeltelevisie word skottels (DVB-S) of antennes (DVB-T/DTTV) benodig. Ou aardgebonde antennes is steeds geskik vir die ontvangs van digitale aardgebonde televisiekanale of het net 'n klein modifikasie nodig.
Net soos ander lande het ook Suid-Afrika se aardgebonde televisie ter geleentheid van die 2010-Sokker-Wêreldbekertoernooi in November 2008 na die digitale standaard DVB-T/DTTV oorgeskakel, alhoewel daar 'n oorgangsfase is waartydens sowel analoë asook digitale uitsendings beskikbaar gestel word.
Digitale televisie behels nie noodsaaklik beter beeld- en klankgehalte nie, maar verskaf in die algemeen en veral in sy aardgebonde vorm 'n beter televisie-ontvangs in gebiede wat vanweë hulle landskapsvorm (byvoorbeeld heuwelagtige streke) of digte bebouing waar televisiekykers met analoë uitsendings dikwels inmenging of spookbeelde ervaar het.
Digitale televisie verskaf daarnaas multikanaaltoegang aan almal, selfs aardgebonde kykers, net soos wye-skermbeelde, ruimte- of stereoklank van hoë gehalte, elektroniese programgidse en hoë-resolusie-televisie.